Home viatvPosts

VIA TV

@viatv

Vars vermaak in Afrikaans op DStv-kanaal 147! 💛
Followers
71.3k
Following
6,780
Account Insight
Score
42.34%
Index
Health Rate
%
Users Ratio
11:1
Weeks posts
Hoeveel geld kan jou kennis vir jou laat wen? Kom speel saam en vind uit! Skryf in deur ons te kontak by [email protected] of stuur vir ons ’n boodskap na 064 521 8157.
6 0
8 days ago
#WeesOpVIA: Het "dating apps" jou teleurgestel? Is "blind dates" 'n ramp? 💌✨ Ons kan help! Kom stel jouself op die TV voor aan Suid-Afrika, want jou pasmaat wag net dalk aan die anderkant van die skerm vir jou. 😍 Maak gerus kontak as jy wil inskryf: [email protected] of 064 521 8157.
117 7
2 months ago
Dié week op #HierSitDieManne: Van Lusaka tot Bok-kaptein – ‘Captain Courageous’ @ckrige deel stories van sy rugbyreis. Kry inspirasie vir jou week se maaltye met ’n lekker 'meal prep'-idee voor jy jou eerste 10 km en die pad saam met @kiasouthafrica invaar. Kyk vanaand om 17:00 #HierSitDieManne op VIA (DStv-kanaal 147). Heruitsendings: Dinsdae om 22:00 | Woensdae om 20:00. In samewerking met @dotsurepetsa .
2 0
5 hours ago
Dié week op #KomOnsBraaiFamilieEnVriende: Tussen Rustenburg en Moedwil in Noordwes steek drie spanne hul braaivure aan om te kyk wie as kolekampioene sal koning kraai. Kyk #KomOnsBraaiFamilieEnVriende vanaand om 20:00. Heruitsendings: Dinsdae 21:00 | Vrydae 19:00 Met trots geborg deur @dotsurepetsa .
7 0
8 hours ago
Dié week op #Gesels: @leandiedurandt gesels met Alma van Heerden en Liam Bosman oor drome vir die toekoms. @lensingherman maak melkpoeding, en @matiestad deel slim wenke vir vlekke in klere en skoene. Elke Saterdag om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147). Met heruitsendings Woensdae om 18:30 en Donderdae om 21:00. ​ Met trots geborg deur @lamellersa .
50 2
1 day ago
Dié week op #SlimVangSyBaasMusiek: 'n Groep bure en vriende vat mekaar aan in hierdie episode. Kan Skoffel Squad of Tonedefs ’n paar duisend rand in hul sak steek? Skakel vandag om 17:00 in vir 'n splinternuwe #SlimVangSyBaasMusiek! Met heruitsendings op Saterdae om 22:00.
9 0
1 day ago
Hoe begin jy jou reis na finansiële vryheid? Môre, in die nuwe reeks van #HierSitDieManne, verduidelik @dinamika_fin_dienste se Adriaan Smit wat jou eerste stappe moet wees en hoekom dit belangrik is. Skakel môre om 17:00 in op #HierSitDieManne op VIA (DStv-kanaal 147) vir nog.
3 0
1 day ago
#MatieSeRaad | Hoe hou jy jou blomme varser vir langer? @matiestad deel haar slim raad met @leandiedurandt . Vir nog van Matie, skakel elke Saterdag om 18:00 in vir nuwe #Gesels-episodes. Met heruitsendings op Donderdae om 21:00.
31 0
2 days ago
Hoe belê jy slimmer en beter? Rikus @radioraps de Beer kom kuier in die #WinsOfVerlies-ateljee om so bietjie oor beleggings te gesels. Skakel elke Donderdag om 17:30 in op VIA (DStv-kanaal 147) vir slim geldraad met #WinsOfVerlies.
2 0
2 days ago
Dié week op #KoffieEnKapitaal: @capitecbank se merkwaardige groei en vernuwende benadering tot bankwese is in fokus wanneer Theo koffie drink by Francois Viviers en hom pols oor die innovasie en kliëntgerigtheid wat dié sukses dryf. Nuwe episodes van #KoffieEnKapitaal word elke Woensdag om 19:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Sondae om 18:00. #KoffieEnKapitaal word met trots geborg deur @capitecbank .
3 0
3 days ago
#SlimRaad | Enkellopend en in jou middeljare? Jy kort dan 'n ander plan van aksie vir jou rande. @psg_wealth se Suzette von Broembsen vertel vir @marna50andme en haar gas hoe 'n mens moet maak. Vir nog, skakel vandag om 17:30 in vir 'n heruitsending van #MiddeljareMojoMetMarna.
3 0
3 days ago
#NuutOpVIA | Onthou jy nog vir Piet Marais? Dié bekende VIA-gesig is vanaf 19 Mei terug op die TV met #PietBraaiPadlangs, 'n splinternuwe kosreeks waar Piet die pad vat vir 'n kos-avontuur: Hy gaan soek bestanddele uit in die wilde uithoeke van ons land en wys ons dan hoe jy daarmee 'n braaigereg oor die kole kan bymekaar gooi. Skakel vanaf 19 Mei elke Dinsdag om 20:30 in vir splinternuwe episodes van #PietBraaiPadlangs. In samewerking met Decakila en @echo4x4centre .
157 3
4 days ago