My 10de kookboek is hier! #HermanSeTafel Julle hy is mooi, is vol lekker en hy is iets besonders! Hy is van begin November in winkels landwyd te koop. Maak jou reg vir iets besonders.
“If you’re going to do it, do it well” My jongste boek #Hermansetafel vier die mooi van die lewe en die tafel waar ons goeie kos vier. Kry hierdie wêreldbekroonde boek nóú in winkels landwyd of koop in my aanlynwinkel (#linkinbio👆) elke blad in die boek is gevul met ‘n stukkie mooi en ‘n span se harde werk, die bladsye praat self.
“Kos en sy geure is wie ek is, dis hoe ek asem haal! Ek kook nostalgies, ek kook nuut, ek kook vir die onthou en vir die mooi! Ek kook om om mense saam te bring, ek kook want dit is my taal van liefde. As ek jou lewe met kos beter kan maak, dan is ek happy!” 😊
Jy kry net een, wees lief vir haar elke dag! Maar vandag gee ons dubbel soveel liefde en dankies. Dankie aan elke ma wat die lewe mooier maak vir ons. Julle is die ware dryf agter die wêreld. ❤️
Dit is dié Sondag (10 Mei) 𝐌𝐎𝐄𝐃𝐄𝐑𝐒𝐃𝐀𝐆! Bederf jou ma met die PERFEKTE geskenk! Bestel ‘n spesiale boks @mond_vol -koekies en jy kan ‘n getekende kopie van my boek, 𝑯𝒆𝒓𝒎𝒂𝒏 𝒔𝒆 𝑻𝒂𝒇𝒆𝒍, vir net R250 byvoeg. 🛒 Bestel by www.mondvol.co.