Home rooirosePosts

rooi rose

@rooirose

Ons Mei-uitgawe is nóú te koop! 🌹 rooi rose magazine's official account. South Africa's first glossy woman's magazine. Sinvol, Stylvol, Propvol.
Followers
34.5k
Following
572
Account Insight
Score
39.48%
Index
Health Rate
%
Users Ratio
60:1
Weeks posts
Hekel en brei saam met ons! 🧶❤️ Koop @rooirose se boek met 50+ patrone, vir R130. Hierdie spesiale uitgawe is nou op die rakke by sekere Woolworths-, Checkers- en PNA-winkels 🛒 Besoek ons webwerf, rooirose.co.za vir 'n volledige lys van winkels waar dit beskikbaar is.
0 0
4 hours ago
Sy's veelsydig, verlief en sien uit na 'n nuwe hoofstuk se mooi 🥰 Sy's ons Mei-uitgawe se voorbladster 👏 Sy's Vanes-Mari du Toit! 🖤 @rooirose se jongste uitgawe is nóú te koop! 🛒 Foto's: @willembotha Hare en grimering: @willembothabeauty Stilering: @scottjacobsstyling Klere: @leoce_official Artikel: @the_bookworm_bakes
1,160 104
24 days ago
Soet, suur en heerlik nostalgies! Dié suurlemoenmeringuetert is ’n tydlose gunsteling wat altyd beïndruk 🍋✨️ Tik die woord ‘suurlemoen’ in die kommentaarafdeling om die volledige resep in jou DM’s te ontvang 👇
136 90
3 days ago
Hallo NAMPO!!!!! Ons kuier vandag en môre heeldag by die fees!!! Kom kyk Willem Botha se Makeup Masterclass elke dag om 11:15 by die Rooi Rose Vroue Tent. Ons het ook ons hele Popup Shop waar jy al jou gunsteling produkte kan koop!!! Sien julle daar!!!
396 3
4 days ago
Andriëtte Georgiou se suksesverhaal is ’n MONDVOL! 🍪🎀 “Tydens die grendeltydperk het ek myself leer koek bak en versier. Ek het by my ma-hulle gebly en omtrent elke dag ’n koek gebak. Jy kan dink hoe dik ons geword het,” onthou sy laggend. “Mondvol was aanvanklik ’n tuisbedryf, maar na afloop van MasterChef het dit begin groei. “Iemand op Facebook het my aangemoedig om aan MasterChef deel te neem, maar ek wou glad nie. Ek het geen selfvertroue gehad nie. Ek het toe wel besluit: Wat het ek om te verloor? Net my selfrespek,” spot sy. “Met elke uitdunrondte het ek amper flou geval.” Sy kan steeds nie glo dat sy uiteindelik die naaswenner was nie. “Ek het nie dinge oordink nie en het baie gebid,” onthou sy. “Die kompetisie het vir my groot blootstelling gegee en meer as enigiets, selfvertroue. “En só het ons die bakkery op ’n baie klein skaal in my pa se motorhuis begin. Ek het regtig net koeke in die omgewing verkoop. Dis eers toe ek my man, Andrew, in 2023 ontmoet het, dat ek anders begin dink het.” Lees die volledige artikel én Andriëtte se wenke vir entrepreneurs in @rooirose se jongste uitgawe! 🛒
1,291 8
5 days ago
Gelukkige Moedersdag! 💐 Vandag vier ons elke ma-figuur wat ons inspireer en ons met liefde, vergifnis, wysheid en deernis hanteer 💗 Foto's: @willembotha Hare & grimering: @willembothabeauty
311 7
8 days ago
Van glam tot effortless chic Ons vat julle agter die skerms van @rooirose se voorblad fotosessie saam met die ongelooflike pragtige @vanes.mari En ja, ons deel ook n paar lekker styling tips wat jou look kan elevate Kan ons ook net n oomblik neem vir @leoce_official se designs!!!! Styling - @scottjacobsstyling Hare & Grimering - @willembotha & @willembothabeauty Model - @vanes.mari Ontwerper - @leoce_official / @georg_stander
221 17
10 days ago
Kom kuier saam in die @rooirose -tent by @nampoharvestday 2026! 🚜🌹 Die Santam Landbouvroueprogram bly een van die hoogtepunte van Nampo en vind vanjaar in die rooi rose-tent plaas. Die program beloof 'n dinamiese mengsel van inspirasie en vermaak met kunstenaars en persoonlikhede soos @hannonbothma , @willembotha , Amanda Strydom, @carmientea , @cheerfullygrey , Lizz Meiring, Susan Coetzer, @johnrockprophet en @hannesvwyk
0 1
11 days ago
Mode-meesterstukke by vanjaar se Met Gala 🎨✨ Die ikoniese trappe van die Metropolitan Museum of Art het Maandagaand soos ’n lewende kunsgalery gelyk. Die tema was “Mode is kuns”… en dié sterre het beslis nie binne die lyne ingekleur nie 🖌 📸: Getty Images
90 5
13 days ago
Psst... Daar's 'n Protea op die voorblad van @rooirose ! 🌹🌷 Vanes-Mari du Toit vertel wat sy van liefde geleer het en watter kompliment sy die graagste ontvang 😉 Foto's: @willembotha Videografie: @mecollective_photography Hare en grimering: @willembothabeauty Stilering: @scottjacobsstyling Klere: @leoce_official
501 30
15 days ago
'The Devil Wears Prada 2' is hier! 🎬👠 @rooirose se fliekresensent, Leon van Nierop, was gisteraand by die première van die langverwagte nuwe rolprent. Hier's wat hy daarvan gedink het 👀👆 Gaan jy 'The Devil Wears Prada 2' gaan kyk? 🍿
77 1
18 days ago
Ons Mei-uitgawe is nou op die rakke en ons is baie opgewonde oor die interessante inhoud 🌹 Hier's 10 redes waarom jy ons jongste uitgawe in die hande móét kry! 🛒
382 15
21 days ago