Home mylitnetPosts

LitNet

@mylitnet

Die amptelike LitNet-profiel | The official account for LitNet, South Africa | All photos are ours.
Followers
4,211
Following
242
Account Insight
Score
31.18%
Index
Health Rate
%
Users Ratio
17:1
Weeks posts
Gratis Natuurwetenskappe-vraestel vir graad 9-leerders. Volg die skakel in ons bio.
3 0
4 days ago
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se feestelike eeufeesviering het op 7 Mei 2026 by die Endlersaal in Stellenbosch plaasgevind. @diewoordeboek 📸 Menán van Heerden
13 1
8 days ago
#suidoosterfees2026 @suidoosterfees_sof 🎥 Menán van Heerden
14 1
15 days ago
📌 Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort video-toer deur Menán van Heerden van wat te wagte is. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die “veld” in Veldsoirée. Al die gesprekke is gratis. Maak seker jy bespreek vroegtydig verblyf. Meer details in die video.
3 0
1 month ago
👁️ Kry al die inligting by die skakel in ons bio.
2 0
2 months ago
Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël, op pad na Franschhoek vanaf Stellenbosch, plaasgevind. Hierdie fees vind jaarliks in hierdie voormalige sendingstasie vir vrygestelde slawe plaas. Hierdie kort video-oorsig dek die Saterdag-program, wat op Internasionale Moedertaaldag geval het. Vanjaar was dit ’n spesiale viering, aangesien 2026 die jaar is waarin Adam Small 90 jaar oud sou geword het en hy 10 jaar gelede oorlede is. Daar is vanjaar ook hulde gebring aan die digter Diana Ferrus, wat in Januarie 2026 oorlede is. 🎥 Videografie en produksie: Menán van Heerden
16 0
2 months ago
Wium van Zyl is ’n boorling van Doornkraal in die Duiwenhoksvallei. Sy jeugkontrei lê teen die Langeberge met Grootvadersbos en Boosmansbos aan die bo-lope van die rivier wat deur alles vloei. Hiervandaan brei hy sy wêreld langsaam uit na Heidelberg, Witsand, die Strandveld en tot van die mees afgeleë dele van Suid-Afrika en Namibië, die Lae Lande, die res van Wes- en Oos-Europa, verskillende streke in Afrika, Indonesië. Sy eerste bundel, Oggendvuur, verskyn in 1991. Van sy poësie is opgeneem in Groot Verseboek en verskeie ander bloemlesings, ook in die Nederlande. | Nuut by Turksvy Publikasies
12 0
5 months ago
Naledi is a woman unravelling slowly, painfully, purposefully. Once full of promise, her life has shrunk into the claustrophobic walls of a home that no longer feels safe, with a husband whose love has curdled into something dark and dangerous. Between Instagrammable scones, lockdown picnics and a nursery that remains heartbreakingly empty, Naledi wages a quiet war against erasure of her name, her dreams, her body and her sanity. | New from @jacanamedia
6 0
5 months ago
In Mei 1693 monster Lourens Thijszoon Vijselaar en Daniël Silleman in Nederland aan op die VOC-skip die Gouden Buys. Nog voordat die kus van Suidelike Afrika op die horison verskyn, was byna die hele bemanning van 190 al oorlede aan skeurbuik en ander siektes. Vijselaar en Silleman het aan land gegaan om hulp te soek. Ná driehonderd jaar kon daar in argiewe en museums nog heelwat tasbare bewyse opgespoor word om die oorspronklike verhaal mee aan te vul en die rampspoedige reis van die Gouden Buys vir die hedendaagse leser verder tot lewe te wek. Die teks van die eerste druk is vir hierdie uitgawe in Afrikaans vertaal en voorsien van aanvullings, woordverklarings, aantekeninge en illustrasies. | Nuut by Hemel & See
9 0
6 months ago
’n Versameling onderwerpe uit Huisgenoot se gewilde 'Het jy geweet?'-reeks is nou vir die eerste keer beskikbaar. Verstommende feite en infografika sal help om nuuskierige kinders te kweek en volwassenes opnuut laat besef hoe min hulle eintlik oor Suid-Afrika en die fassinerende wêreld om ons weet. | Nuut by Best Books – @jonathanball_local
6 0
6 months ago
Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hul vreugde is van korte duur. Die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste vriende is gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het ... was dit 'n ongeluk, of koelbloedige moord? En op ’n imposante plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Nadat die vuur geblus is, word ’n liggaam in die wrak gevind ... | Nuut by Human & Rousseau – @jonathanball_local
4 0
6 months ago
Dirk van Zyl Smit bied vir die leser motivering en praktiese wenke oor die omkeer van ’n negatiewe situasie in ’n suksesverhaal. Deur positiewe denke, geloof en harde werk het hy dit reggekry om een keer meer op te staan as wat hy geval het. Sy lewe was een van afval en seerkry, maar opklim en weer ry. | Nuut by @naledi.uitgewers
1 0
6 months ago