Suidoosterfees

@suidoosterfees_sof

'n FEES vir ALMAL ๐Ÿ’› 29 April - 3 Mei 2026
Followers
5,823
Following
698
Account Insight
Score
32.46%
Index
Health Rate
%
Users Ratio
8:1
Weeks posts
Belangrike nuus: Teken jou Suidoosterfees-datums vir 2026 solank in jou dagboek aan!
32 0
7 months ago
๐— ๐˜‚๐˜€๐—ถ๐—ฒ๐—ธ | Die pragtige opera ๐˜–๐˜ณ๐˜ง๐˜ฆ๐˜ฐ ๐˜ฆ๐˜ฅ ๐˜Œ๐˜ถ๐˜ณ๐˜ช๐˜ฅ๐˜ช๐˜ค๐˜ฆ het sy Suidoosterfees-gehoor betower met die mezzo-sopraan Rosa van der Dussen as Orfeus wat die opera in Italiaans gesing het. Die verhoog is gedeel met die UK Operakoor en -orkes, en Cape Ballet Africa-dansers. In samewerking met dotsure.co.za. (Fotoโ€™s: Gys Loubser)
8 0
8 hours ago
Partytjies het hulle hoogskoppers en feeste het hulle legendes โ€“ en by die Suidoosterfees is Shirley Olivier beslis albei! Vir baie jare reeds bring Shirley haar sprankel, energie en aansteeklike vreugde na die fees, en sy is โ€™n onmisbare lid van die Suidoosterfees-familie. Met haar lewenslus en aktiewe ondersteuning herinner sy ons elke jaar waaroor die fees eintlik gaan: om saam te kuier, te lag en elke oomblik te geniet. Shirley, jy is die gees van die Suidoosterfees in lewende lywe. Dankie dat jy oor soveel jare die feesvloer รฉn ons harte met vreugde vul. โค๏ธ
14 0
15 hours ago
๐—ž๐—ผ๐—ฟ๐˜ ๐˜ƒ๐—ผ๐—ผ๐—ฟ ๐—น๐—ฎ๐—ป๐—ธ | Dean Balie, Marcel Meyer en Anzio September het hul gehore laat skaterlag in Hennie Aucamp se ondeunde komedie, ๐˜‘๐˜ข๐˜ฌ๐˜ฐ๐˜ฃ๐˜ณ๐˜ฆ๐˜จ๐˜ฐ๐˜ฑ. Moontlik gemaak deur die @spierartstrust , @nac , PESP, @sbafrikaans , @nati.kunste , die Johann Brink Trust, Het Jan Marais Nationale Fonds & die L.W. Hiemstra Trust. (Fotoโ€™s: Gys Loubser)
27 0
1 day ago
Baie geluk aan al die Kanna-wenners by vanjaar se KKNK โ€“ en veral aan die kunstenaars en kundiges wat ook die Suidoosterfees vanjaar laat skitter het! โ€ข Andrew Buckland โ€“ beste manlike speler in โ€™n hoofrol vir The Foolโ€™s Guide โ€ข Die Garage Dance Ensemble se GAT is bekroon as beste dans-ensemble โ€ข Anna Davel en The Melisizwe Plaatjie Collective โ€“ beste aanbieding: kontemporรชre musiek โ€ข Danie Marais se Ek is nie Danie โ€“ beste aanbieding: musiekteater โ€ข Pieter-Jan Kapp (Kappie) en sy tegniese span โ€“ Spesiale Kannapaneel-prys vir tegniese diens by die KKNK โ€ข Fotograaf Hans van der Veen โ€“ Spesiale Kanna vir diens aan die KKNK Ons is trots daarop om al jare saam met sulke uitsonderlike kunstenaars en skeppers te werk. Fotoโ€™s: Charl Fรถlscher, AB Jantjies
24 0
1 day ago
๐—ก๐—”๐—ง๐—ถ ๐—ง๐—ฒ๐—ฎ๐˜๐—ฒ๐—ฟ๐—ณ๐—ฒ๐—ฒ๐˜€ | Die skreeusnaakse improvisasie-teaterervaring ๐˜๐˜ฎ๐˜ฑ๐˜ณ๐˜ฐ๐˜ท: ๐˜š๐˜ฌ๐˜ข๐˜ข๐˜ฎ๐˜ง๐˜ข๐˜ฎ๐˜ช๐˜ญ๐˜ช๐˜ฆ het die gehoor in stukke gehad. Gehoorlede is gevra om familiesituasies en karakters aan die akteurs voorstel met geen repetisies vooraf nie en geen mak onderwerpe uit die gehoor nie! Moontlik gemaak deur @nati.kunste , Het Jan Marais Nationale Fonds, die L.W. Hiemstra Trust, die @sbafrikaans , die @festivalcatalystsa (FEC) & die Jobs Fund. (Fotoโ€™s: Jaco Marais)
15 0
2 days ago
๐—ก๐—”๐—ง๐—ถ ๐—ง๐—ฒ๐—ฎ๐˜๐—ฒ๐—ฟ๐—ณ๐—ฒ๐—ฒ๐˜€ | Anzio September & Abdullatief Davids het โ€™n uistekende vertoining gelewer in ๐˜Œ๐˜ฌ ๐˜ฆ๐˜ฏ ๐˜ซ๐˜บ, ๐˜ต๐˜ฐ๐˜ต ๐˜ญ๐˜ข๐˜ข๐˜ต ๐˜ต๐˜ฐ๐˜ฆ, โ€™n verhaal oor twee vriende wat mekaar 15 jaar laas gesien het. Soos hulle terugdink aan hul skooldae, kom lang verborge waarhede na vore. Dit dwing hulle om die verlede, wat hulle so hard probeer vermy het, in die oรซ te kyk. Moontlik gemaak deur @nati.kunste , Het Jan Marais Nationale Fonds, die L.W. Hiemstra Trust, die @sbafrikaans , die @festivalcatalystsa (FEC) & die Jobs Fund. (Fotoโ€™s: AB Jantjies)
28 2
2 days ago
๐—”๐—ง๐—ž๐—ฉ ๐—–๐—ต๐—ถ๐—น๐—ฑ๐—ฟ๐—ฒ๐—ป ๐—ฎ๐—ป๐—ฑ ๐—ฌ๐—ผ๐˜‚๐˜๐—ต ๐—ง๐—ต๐—ฒ๐—ฎ๐˜๐—ฟ๐—ฒ | ๐˜œ๐˜ฏ๐˜ต๐˜ช๐˜ต๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ฅ, a raw youth theatre work, invited audiences not to analyse but to feel, sense and recognise, delivering a powerful and deeply honest exploration of identity and lived experience through movement, voice and silence. Made possible by the @atkv_sa , the Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport (DCAS), @artscapetheatre & @wearecput . (Photos: AB Jantjies)
72 0
3 days ago
๐—ก๐—”๐—ง๐—ถ ๐—ฅ๐—ถ๐˜€๐—ถ๐—ป๐—ด ๐—ฆ๐˜๐—ฎ๐—ฟ๐˜€ | Mbulelo Grootboom, Thando Jikwa and Nicholate Mangqoza delivered sterling performances as Langa, Xola and Andiswa in ๐˜›๐˜ฉ๐˜ฆ ๐˜Š๐˜ณ๐˜ข๐˜ค๐˜ฌ๐˜ฆ๐˜ฅ ๐˜๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ด๐˜ฆ โ€” a moving story about siblings reuniting after 31 years for their motherโ€™s funeral. What should have been a day of farewell soon becomes a day of reckoning, as buried traumas and broken promises resurface, while the siblings cling to the fragile hope of healing. Made possible by @nati.kunste , the @jakes.gerwel.foundation , @artscapetheatre & the Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport (DCAS). (Photos: AB Jantjies)
38 0
3 days ago
Koningmakers en kroondraers Die vraag oor wie president Cyril Ramaphosa gaan opvolg, het skerp na vore gekom tydens โ€™n paneelbespreking by die Suidoosterfees in Kaapstad. Onder die prikkelende tema โ€œKoningmakers en kroondraers: Wie gaan Cyril Ramaphosa opvolg?โ€ is die komplekse magstryd binne die ANC ontleed โ€“ nie as โ€™n verre moontlikheid nie, maar as โ€™n proses wat reeds volstoom aan die gang is. Lees Jean Oosthuizen se interessante artikel oor diรฉ Jakes Gerwel-gesprek by die Suidoosterfees op LitNet: https://www.litnet.co.za/oorsig-%e2%80%92-jakes-gerwel-gesprek-suidoosterfees-2026-wie-volg-cyril-ramaphosa-op-en-wie-trek-die-toutjies/
3 0
4 days ago
Min dinge in die lewe is so verfrissend soos โ€™n yskoue Boet Lager en so lekker soos Beer Adriaanse agter โ€™n mikrofoon! ๐Ÿบ๐Ÿ˜„ En wanneer diรฉ twee by die Suidoosterfees saamspan vir VIA se gewilde Bier-uur met Beer, is die resep vir pret eenvoudig onweerstaanbaar. Feesgangers het hulle gate uit geniet tydens diรฉ heerlike kuiergeleentheid waar slim antwoorde, lekker lag en gratis Boet Lager behoorlik gevloei het. VIA se gewilde speletjiesprogram Slim vang sy baas het weer bewys hoekom dit so geliefd is โ€“ veral met Beer Adriaanse as speletjiemeester. Baie dankie aan VIA en Boet Lager vir โ€™n onvergeetlike feeskuier vol gees, lag en goeie geselskap!
4 0
4 days ago
๐——๐—ฎ๐—ป๐˜€ | Internasionaal bekroonde choreograaf Rudi Smit het โ€™n dinamiese dansklas aangebied tydens die Suidoosterfees. Aangebied in samewerking met @figureof8dancetheatre & @danceforallsouthafrica . (Fotoโ€™s: Gys Loubser)
28 0
4 days ago