Nuwe song! Nie almal gaan op die album kan kom nie! Maar daar is nou opsies!
om lief te wees
maak geraas
soos die reenmasjien
en on laat dit val laat dit val
ek het gedroom
oor jou
en hierdie lewe saam
maar ek laat dit val, laat dit val
in my donker, jonger wilder self
ek sing asof ek weet wat ek wou sê
dalk moet ek luister
dalk is dit jou beurt
dalk het die skare ook hul rug
gekeer
en ons moet ook huistoe
huistoe
Nuwe song!
Gisteraand laat begin werk daaraan! Volgende week in die studio, so skryf nou soveel ek kan! Spoegwolf bring ons malste album ooit uit!
sal ons oud word soos dit
sal al soos spoke en duiwe
wapper in ons wasgoed
in die laatoggend wind
dink jy ons seuns sal ons soek
as dit donker word?
my hart is my lig my kind
Kom jy om by die draai
kom jy met al jou mantel
en al jou stories
van toe daairiedaai
ken jy die pad
op jou towermat van
enigeiets is moontlik
enigeiets is klein in die blou?
ons is kleiner nou
as ooit vantevore
ek wonder nou
of daar iets van ons oor is
as ons hierdie ding deursien?
kan jy my nog sien?
Die groter braaibroodjies is nog lekkerder om te maak - meer detail is moontlik en mens kan baie meer speel met klein stukkies kleur hier en daar ('n klein stukkie peper, of 'n krummel).
Ek hou van hoe smooth papier is - en daar is iets baie rock and roll aan 'n hele kunswerk klaarmaak daarop, en nie op canvas nie.
Hierdie een het klaar 'n huis, ongelukkig!
Kom ons braai. Ongelukkig klaar verkoop - maar gaan maar nog een vir my huis maak. Dit was die eerste keer wat ek so mal gegaan het met olie (was in die verlede baie meer spaarsamig). Paar maande met hierdie een spandeer - en so lief daarvoor geraak!
Olie op Linne
Die Spoegwolf-rocker Danie du Toit en sy vrou, Melissa, het onlangs hulle tweede baba verwelkom – nog ’n seuntjie. Hy gesels oor die mannetjie se eerste week as deel van hulle gesin. Lees die storie op huisgenoot.com.
✏️: Nazley Wilschutt
📸: Verskaf
#sanger #spoegwolf #seuntjiegebore #gesinsman #daniedutoit
Nuwe song nou net geskryf. Here we go!
Gee ons
vangdag
my seun met sy fiets in die kombhuis
hoor hoe klap reën
soos engele om ons huis
dra ons
van die veld
ons is vol modder na fight
hoor hoe klap die reën
jy’s okay, jy’s oraait
ek het die heel nag
heel nag
baklei
met die weergwawe van my
wat agter gebly het