Vrye Weekblad 3.0

@vrye_weekblad

Vrye Weekblad: 'n helder, eiesoortige stem wat jou help sin maak van jou wêreld. Ontledings, menings, boeke, leefstyl. In Afrikaans en Engels.
Followers
6,543
Following
3,255
Account Insight
Score
32.92%
Index
Health Rate
%
Users Ratio
2:1
Weeks posts
Selfs die Illuminati is nie meer wat dit was nie: Op sosiale media loop die lafste gerugte sterk oor die ‘werklike’ rede agter Vrye Weekblad se sluiting, skryf WILLEM KEMPEN. Daar is ook weer sewe goed wat jy vandag wil weet. 1. Brent Bozell III is aangewys om Reuben Brigety as Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika te vervang. 2. Terwyl Demokrate eis dat koppe rol oor die sogenaamde Signal-sekerheidsbreuk, het pres. Donald Trump dit gister as 'n “glitch" probeer afmaak. 3. Kallie Kriel van AfriForum het in 'n onderhoud met News24 nogmaals die regters gekritiseer wat beslis het dat Julius Malema van die EFF se “Kill the Boer”-singery nie haatspraak is nie. 4. Die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange het “agterbaks" en “onregmatig" opgetree deur 'n nuwe gedragskode vir LP's sonder enige openbare deelname te aanvaar, het die aktivis Zackie Achmat van UniteBehind gesê. 5. Die twee grootste vakbonde by Prasa het ’n dispuut by die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie (CCMA) verklaar en dreig met 'n staking nadat die treinpassasier-operateur “geweier” het om formeel te reageer op eise vir loonverhogings van vyf keer die inflasiekoers. 6. Amerika se FBI het 'n federale taakspan in die lewe geroep in reaksie op die vlaag vandalisme en ander aanvalle op Tesla-handelaars en -laaistasies. In een van die nuutste voorvalle is 'n man met 'n ploftoestel betrap by 'n Tesla-eiendom in Austin, Texas. 7. Die akteur Gérard Depardieu (76) het aan 'n hof in Parys, Frankryk gesê hy het die vrou wat hom van seksuele aanranding beskuldig, “aan die heupe gegryp om te keer dat hy gly". Kliek op die skakel in ons profiel om verder te lees. 🎨 Celeste Theron #vryeweekblad #dinkvirjouself #virjouself #woensdagmetwillem #7goed
39 0
1 year ago
Oor koebaais, verlies en leemtes: Wat gaan sy môre en volgende week en die week daarna doen as die Vrye Weekblad-veiligheidsone wegval? wonder INGRID JONES. En dan is daar weer sewe goed wat jy vandag wil weet. 1. Die regering is besig met die mees omvattende hersiening van invoerheffings op staal in meer as 20 jaar, het Business Day berig. 2. Die Suid-Afrikaanse Lugmag het tans net twee vegvliegtuie, een helikopter en drie opleidingsvegvliegtuie wat operasioneel is. 3. Aspen Pharmacare, Suid-Afrika se grootste farmaseutiese maatskappy, het opgehou om oogdruppels na die VSA en Kanada uit te voer nadat sekere regulasies glo by Aspen SA Sterile Operations in Gqeberha oortree is. 4. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het verlede week voorlopig in die guns beslis van die eienaars van twee boerderye buite George, Platinum Mile Investments en trustees van die Armstrong Flora Trust, waar Eskom grond wou onteien om transmissielyne op te rig. 5. Groenland se eerste minister, Múte Egede, het 'n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om in te gryp in reaksie op die aankondiging dat 'n senior afvaardiging van die Amerikaanse regering vandeesweek in Groenland aankom. 6. Trump het gister gesê die VSA sal heffings van 25% instel op enige land wat olie of gas van Venezuela koop. 7. Gesprekke oor 'n skietstilstand in Oekraïne is gister tussen Amerikaanse en Russiese onderhandelaars voortgesit in Riyadh in Saoedi-Arabië. Kliek op die skakel in ons profiel om verder te lees. 🎨 Celeste Theron #vryeweekblad #dinkvirjouself #virjouself #7goed #dinsdagmetingrid
37 2
1 year ago
Vrye Weekblad was nooit bedoel om ’n veilige hawe te wees nie: Dwarsdeur sy loopbaan moes MAX DU PREEZ kies tussen joernalistiek as vermaak en gerusstelling, en om ongemaklike, selfs pynlike waarhede te ontbloot. Vrye Weekblad het in al sy gedaantes die regte keuse gemaak en betaal 'n duur prys daarvoor. Plus sewe goed wat jy vandag wil weet. 1. Cyril Ramaphosa se beroep op ANC-lede om beheers oor die terugkeer van die uitgeskopte ambassadeur in Washington, Ebrahim Rasool, op te tree, het op dowe ore geval – insluitende dié van Rasool self. 2. Intussen stroom voorstelle vir Rasool se plaasvervanger as ambassadeur in die VSA in. Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, stel voor die oudleier van die party wat tevore as ambassadeur in Argentinië gedien het, Tony Leon. 3. Meer as 50 000 Palestyne is al in Gaza dood nadat Israel die enklave in weerwraak op 'n Hamas-aanval op 7 Oktober voorverlede jaar binnegeval het, sê die gesondheidsowerhede in Gaza. Die meeste is vroue en kinders. 4. Daar is 'n dringende behoefte vir die ANC en die IVP om te versoen, het die IVP se adjunk-president en minister van staatsdiens en administrasie, Mzamo Buthelezi, by die IVP se 50ste verjaardagherdenking in Ulundi gesê. 5. Die SA Nasionale Weermag wil heelwat meer wit rekrute werf. Die sowat 5% wit verteenwoordiging in die laer range bereik nie die vereiste kwota nie, berig Rapport. 6. 'n Gesiene oudregter van die Amerikaanse federale appèlhof en konserwatiewe akademikus, J. Michael Luttig, sê Donald Trump het oorlog teen die Amerikaanse regstelsel verklaar. 7. Trump se spesiale gesant wat met die vredespogings in Oekraïne gemoeid is, Steve Witkoff, sê die Britse premier, Keir Starmer, se voorstel dat 'n internasionale mag 'n skietstilstand in Oekraïne monitor is bloot “a posture and a pose" en “simplistic”. Kliek op die skakel in ons profiel om verder te lees. #vryewekblad #dinkvirjouself #virjouself #7goed #maandagmetmax
55 0
1 year ago
In ons voorlaaste uitgawe trakteer ons jou op ’n keur van ons beste artikels van die afgelope jare, en van ons beste bydraers vertel wat Vrye Weekblad vir hulle beteken het. Kliek op die skakel in ons profiel om verder te lees. #vryeweekblad #dinkvirjouself #virjouself #vars gepars
21 0
1 year ago
Don’t touch me on my studio, mense! Die formidable vrou agter Vrye Weekblad se visuele identiteit en voorblaaie, is tougher as enige teef. Sy bind beelde met woorde en is min gespin oor ditjies en datjies. Grafiese kunstenaar ANGELA TUCK skryf oor die wel en wee van die opdrag wat sy week ná week met groot passie uitgevoer het: Om Vrye Weekblad ook op sy baadjie te laat takseer. Kliek op die skakel in ons profiel om verder te lees. #vryeweekblad #dinkvirjouself #virjouself
34 1
1 year ago
Soos alle ander Afrikaanse mense ouer as vyftig onthou ALI VAN WYK elkeen van die drie kere wat Vrye Weekblad toegemaak het. Daar is ook weer sewe goed wat jy vandag wil weet. 1. Parks Tau, minister van handel, nywerheid en mededinging, het 'n konsepdokument van 26 bladsye uitgereik met die oog op die sogenaamde Transformation Fund van R100 biljoen. 2. Eskom het gisteraand fase 2-beurtkrag aangekondig wat tot vanoggend om 05:00 van toepassing sou wees. 3. Die saak teen die Oos-Kaapse taxibaas Gabs Mtshala is gistermiddag in die Oos-Londen-landdroshof teruggetrek, slegs enkele ure ná sy inhegtenisneming. 4. Die gedragsowerheid vir die finansiële sektor werk aan ’n plan om biljoene rande se onopgeëiste aftree-, skeidings- en sterftevoordele vir armoedeverligting in te span. 5. 'n Totaal van 67 042 mense het belangstelling getoon om na Amerika te verhuis ingevolge die aanbod wat deur 'n uitvoerende bevel van pres. Donald Trump moontlik gemaak is, volgens Neil Diamond, president van die SA Chamber of Commerce in die VSA. Die navrae was meestal van “Afrikaners tussen die ouderdomme van 25 en 45 en met gemiddeld twee tot drie afhanklikes", het Diamond aan Newzroom Afrika gesê. 6. Sielkundiges is in “voortdurende verbinding" met die span wetenskaplikes in Suid-Afrika se Sanae IV-navorsingsbasis in Antarktika, het Dion George, minister van omgewingsake, gesê in reaksie op bewerings van aanranding en seksuele teistering wat teen spanlede gemaak is. 7. Donald Trump en Volodymyr Zelensky het gister 'n “baie goeie" en “reguit" telefoongesprek van net meer as 'n uur gevoer waarin hulle die volgende stappe bespreek het om 'n skietstilstand in werking te stel en die Russiese inval in Oekraïne te beëindig. Kliek op die skakel in ons profiel om verder te lees. #vryeweekblad #dinkvirjouself #virjouself #7goed
26 0
1 year ago
Wat is die beste deel daarvan om by Vrye Weekblad te werk? Om Angela Tuck aan te haal: “Being on an Afrikaans WhatsApp group with the cleverest, funniest, rudest people. All with special needs." WILLEM KEMPEN wonder of dit soms beter is om onder die Voltaire weg te sink as om te swem. Daar is ook weer sewe goed wat jy vanaand wil weet. 1. Die regering is besig om met ArcelorMittal SA te onderhandel oor 'n plan om onder meer werkers se lone vir ses tot agt maande te betaal sodat van die maatskappy se staalfabrieke in bedryf kan bly, het bronne aan News24 gesê. 2. Die dodelikste 24 uur in Gaza sedert die begin van die oorlog is gister wyd veroordeel, hoewel Israel se hervatting van aanvalle glo met die volle medewete en goedkeuring van die Trump-administrasie geskied het. 3. 'n Regskenner het aan LP's gesê daar is feitlik geen kans dat die BTW-verhoging van 'n halwe persentasiepunt gekeer kan word voordat dit op 1 Mei in werking tree nie, het Business Day berig. 4. Meer as 170 000 ontvangers van maatskaplike toelaes in die Wes-Kaap het nog nie na die Postbank se nuwe swart kaart oorgeskakel nie, wat kan beteken dat hulle nie betalings sal kan ontvang nie, het Sassa gister aan die provinsiale wetgewer se staande komitee oor maatskaplike ontwikkeling gesê. 5. Lebogang Maile, Gautengse LUR vir finansies, het gister met die indien van sy begroting van R527,2 biljoen gewaarsku dat die provinsie teen die 2025-'26-boekjaar in 'n likiditeitskrisis kan wees as die beskikbare geld nie versigtiger bestee word nie. 6. Patrice Motsepe se African Rainbow Capital Investments (ARCI) het gister die langverwagte beëindiging van sy JSE-notering aangekondig. 7. Die Italiaanse dagblad Il Foglio maak daarop aanspraak dat hulle die eerste koerant ter wêreld uitgegee het wat ten volle met kunsmatige intelligensie saamgestel is. Kliek op die skakel in ons profiel om verder te lees. #vryeweekblad #dinkvirjouself #woensdagmetwillem #7goed
40 0
1 year ago
'n Kans om vir 'n publikasie soos Vrye Weekblad te werk kom net een keer verby, sê LAUREEN ROSSOUW. Jy vat hom en klou enduit vas, want waar hy vandaan kom, is daar nie meer nie … En dan is daar weer sewe dinge wat jy vandag wil weet. 1. Ten spyte van wat Donald Trump oor Suid-Afrikaanse boere te sê het, het sakevertroue in die landbousektor in die eerste kwartaal van vanjaar met 11 punte tot 70 punte gestyg, soos gemeet deur Agbiz se Agribusiness Confidence Index. 2. Ebrahim Rasool werk blykbaar self daaraan om sy uitskop uit Amerika omgekeer te kry, blyk uit wat pres. Cyril Ramaphosa gister volgens News24 by 'n leierskapsberaad in Johannesburg gesê het. 3. Dit het gister steeds gegons oor die onverwagte bedanking Sondagaand van Kenny Fihla as adjunk-bedryfshoof van Standard Bank om in Junie Absa se nuwe bedryfshoof te word. 4. Die Reserwebank het Ainsley, ’n onregstreekse filiaal van Ibex (die naam waaronder Steinhoff nou sake doen) in terme van valutabeheer-regulasies verbied om 506 miljoen Pepkor-aandele ter waarde van sowat R12,5 biljoen te verkoop. 5. Donald Trump het sy Demokratiese voorganger gister daarvan beskuldig dat hy 'n meganiese toestel bekend as 'n “outo-pen" gebruik het om sekere dokumente te onderteken pleks van om dit met die hand te doen, en dat dit dus ongeldig is. 6. 'n Amerikaanse federale regter het 'n aantal regeringsamptenare vir 'n verhoor ontbied om te verduidelik waarom hulle in weerwil van sy hofbevel voortgegaan het om ongedokumenteerde immigrante te deporteer wat glo lede van 'n Venezolaanse bende is. 7. David Lammy, Britse minister van buitelandse sake, het in 'n waarskuwing in die Britse parlement aan pres. Vladimir Putin van Rusland gesê “Oekraïne is ernstig oor vrede" en 'n moontlike skietstilstand. Kliek op die skakel in ons profiel om verder te lees. #vryeweekblad #dinkvirjouself #virjouself #7goed #dinsdagmetlaureen
37 1
1 year ago
Wat het Ebrahim Rasool besiel om 'n tirade te loods teen die regering wie se guns hy gestuur is om te wen? vra MAX DU PREEZ. Die antwoord lê in 'n arrogansie geskep deur jare se vertroeteling in die anti-apartheidsdae waarin hy en sy ANC-comrades nog leef. Plus sewe goed wat jy vandag liewer wil weet. 1. Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê hoewel die VSA nie die korrekte diplomatieke prosedure gevolg het om Suid-Afrika se ambassadeur in Washington, Ebrahim Rasool, uit die land te skop nie, aanvaar Suid-Afrika die besluit en staan dit nie teen nie. 2. ’n Brand in ’n nagklub in Kocani, Noord-Masedonië, het Saterdagnag tot die dood van 59 mense gelei terwyl nog 155 beseer is. 3. Die lang verwagte eerste Formule Een-wedren van die jaar is gister op sensasionele wyse deur die Engelsman Lando Norris in ’n McLaren gewen, minder as ’n sekonde voor die wêreldkampioen, Max Verstappen. 4. ’n Student (22) is dood en tien ander beseer toe ’n taxi gister in die vroeë oggendure in ’n groep studente geploeg het op die Summerstrand-kampus van die Nelson Mandela Universiteit in Qgeberha. 5. Agt noodlenigingswerkers is Saterdag dood in Israeliese lugaanvalle terwyl hulle ’n kamp opgeslaan het vir ontheemde inwoners van Gaza by Beit Lahia, volgens die Britse en Turkse Al-Khair Stigting. 6. Te danke aan twee blitsdoele deur die doelskieter Relebohile Mofokeng in die eerste vyf minute, kon Orlando Pirates vir Mamelodi Sundowns met die stert tussen die bene terugstuur oor die Jukskeirivier in die Premier League. 7. Safair, wat eens as die mees stiptelike lugdiens in die wêreld bekend was, het gister wydverspreide probleme met sy elektroniese inboekstelsel ervaar wat verskeie vlugte vertraag het. Kliek op die skakel in ons profiel om verder te lees. 🎨 Celeste Theron #vryeweekblad #dinkvirjouself #virjouself #maandagmetmax
48 7
1 year ago
ANNELIESE BURGESS bevind haar by die lughawe as een van daai tipiese Oos-Kaapse anties met 'n random sak vol random saambringdinge wat sy op die vliegtuig sleep. Sy lees oor die shape-shifting as jy jou instel op mikro-intensiteit, en tob oor die abstraksies van oorlog as soldate nommers op 'n balansstaat van die dood word. (Vinnig, voor ons verder gesels, hierdie is die tweede laaste Salige Sondag. Klik op hierdie skakel as jy steeds 'n brief van my in jou inboks wil hê op 'n Sondagoggend nadat Vrye Weekblad ophou bestaan het. Vir eers sal elke brief gratis wees, en dan kyk ons waarheen die reis ons neem. As daar haakplekke is, wat daar sal wees, stuur vir my 'n e-pos by [email protected].) Kliek op die skakel in ons profiel om verder te lees. 🎨 Celeste Theron #vryeweekblad #dinkvirjouself #virjouself #saligesondag
39 1
1 year ago
DEBORAH STEINMAIR wonder: Kan jy iets meer as een keer verloor? Natuurlik kan jy – dink maar aan jou selfoon, leesbril, motorsleutels. Wat ek eintlik wil vra, is: Kan jy iets wat jy nooit teruggekry het nie, weer en weer verloor? Die antwoord is ook ja. Kliek op die skakel in ons profiel om verder te lees. 🎨 Celeste Theron #vryeweekblad #dinkvirjouself #virjouself #saterdagmetdeborah
25 0
1 year ago
Dagsê. Howzit. Max du Preez is in topvorm as hy sy destydse mede-Dakarganger Theuns Eloff aanvat oor sy rightwing-light slagofferskap. Piet Croucamp gee ’n genuanseerde blik op Elon Musk se uitsprake oor empatie, wat die meeste van ons instinktief teen die bors gestuit het. Vernon Wessels van Currency News gee jou 10 goed uit die begroting wat jy moet onthou. In ons Vrye Tyd-afdeling duik Ali van Wyk in die diep kuil van Afrikaanse byname, en Celeste Theron ontdek ’n boek oor boererate op ’n mark wat haar lei tot ’n gesertifiseerde heks wat ’n PhD doen oor boererate. Kliek op die skakel in ons profiel om verder te lees. 🎨 Angela Tuck #vryeweekblad #drinkvirjouself #dinkvirjouself
16 0
1 year ago