An old silent pond…
A frog jumps into the pond,
splash! Silence again.
- Matsuo Bashō
#balance #blackandwhitephotography #blackandwhite #capetown #haikupoetry
N.P. van Wyk Louw Jy was 'n kind
Jy was 'n kind, en al die helder wete
van bloed en maagdelikheid was in jou oë;
jou liefde was 'n suiwer-afgemete
deel van jou aardse blydskap, en die hoë
gang van jou hare en borste teen die wind
was skugter met 'n ver, óu aardse vrees;
jy het die weg van alle vreug gevind,
en waar jy was, moet altyd vreugde wees.
Daarom is jy (in duistere vermoede),
soos in die aarde donker waters staan,
in al my dink, in al my dowwe woede
teen mens-wees en die lot, in al my waan
van mooier dinge, en menslike verdriet:
'n laaste kuil van stilte tussen riet.
#growth #poetry #npvanwyklouw #afrikaans #gedig
Opportunity is not a lengthy visitor...
#theatre
#blackandwhite
#opportunity
It takes a trip halfway around the world to realise my worth. Only up from now on!
waar? - Ash van Niekerk
Kan jy vir my sê waar die rose blom?
Waar die wolke verdwyn?
En die son op kom?
Kan jy vir my sê waar die wind sal rus?
Waar die voëls sal sing?
En nes sal bou langs die kus?
Kan jy vir my sê waar die tyd stil staan?
Waar die sterre skyn?
En die donkerte weg gaan?
Kan jy vir my sê waar ek vrede kan vind?
Waar die trane kan stop?
En ek weer kan voel soos n kind?
#blackandwhite #blackandwhitephotography #amaturephotographer #capetown #poetry #afrikaans
Laaste paar dae op toer. Die wolke raak donker en die pad raak lank.
#blackandwhitephotography #stilbaai #amaturephotographer #blackandwhite #nature #farm