BesterAgri

@besteragri

An agricultural trading company that specialises in the domestic and international marketing of agricultural commodities. Contact us on 021 809 2500
Followers
4,164
Following
221
Account Insight
Score
31.14%
Index
Health Rate
%
Users Ratio
19:1
Weeks posts
Met vanjaar se tema, Veerkragtigheid deur innovasie, het ons weer gesien hoe landbou ontwikkel en voortdurend aanpas. 🚜 Wat ’n week by NAMPO Bothaville! Elke jaar is dit vir ons ’n hoogtepunt om kliënte en produsente by ons stalletjie te ontvang. Dankie aan almal wat kom inloer en deel was van die week.
144 0
1 day ago
’n Paar gesigte wat NAMPO hier in die Vrystaat geniet. Jonk en oud, @redbacksouthafrica of tekkies – kom soos wat jy is. Daar is iets vir almal! 🐑🚜
47 0
2 days ago
NAMPO is in 1967 gestig om boere ’n plek te bied om grootskaalse meganisasietoerusting in aksie te vergelyk. Vandag is dit die grootste landbou uitstalling in die Suidelike Halfrond. Daar is baie om te doen en sien. Kom gesels, kuier en droom saam oor innovasie en slimmer landbou-oplossings. 🚜🌾
21 0
4 days ago
Bakkies, biltong, bikes en Bester. Dag 1 het al die b's gedek, en dit was groot pret. Ons kan nie wag om te sien hoe die res van die week lyk nie! Nampo, jou lekker ding. 🤩🏍️
40 0
4 days ago
Douglas tot China, ons het wyd gereis! Canola-naweek in die Wes-Kaap, ’n inligtings- en gholfdag in Douglas, Silosak-depotbesoeke en vele meer – ons produsente het ons behoorlik besig gehou in April.
35 0
16 days ago
Dit is weer sulke tyd 🌱 NAMPO Bothaville 2026 is net twee weke weg! Vanjaar se tema is: Veerkragtigheid deur innovasie Sien julle daar! 🚜 🐑🐮 🗓️ 12 tot 15 Mei 2026 🌾 Hekke open 07:00 en sluit 17:00, daagliks 📍 NAMPO Park, Bothaville 🎫 Kaartjies beskikbaar by die ingang, of aanlyn
19 0
18 days ago
Van die Swartland tot Mosselbaai is ons Wes-Kaapse verkrygers daagliks in die praktyk besig met sleutelkliëntbediening, gegrond op persoonlike verhoudings, gespesialiseerde markkennis en uitsonderlike kliëntediens. Hier is hulle.👨‍🌾🌾
40 0
23 days ago
70 kersies vir ons stigter, Gustav Bester 🎂 Jy is ’n groot inspirasie met al die hoede wat jy dra: man, pa, oupa, besigheidsman, vlieënier en produsent, om net ’n paar te noem. Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou baie nuwe avonture inhou. 🥳
139 2
26 days ago
Bester op Besoek 🌾🤝🏻 Mense. Plekke. Gesprekke. Dis wat Maart vir ons gebring het.
30 0
1 month ago
By BexGroup glo ons dat waarde toevoeging nie slegs in besigheidsukses lê nie, maar dat ons ’n hoër doel het naamlik om ʼn blywende impak te maak in die lewens van almal wat direk en indirek by ons betrokke is. 🌿 Ons skep werksgeleenthede, wat mense bemagtig om selfonderhoudend te wees 🌿 Ons sit kos op die tafel en lewer ’n betekenisvolle bydrae tot voedselsekuriteit. 🌿 Ons stel mense in staat om hul volle potensiaal te bereik deur geleenthede vir opleiding en ontwikkeling te bied.
26 0
1 month ago
Waar alles begin het 🌾 Koring was die eerste kommoditeit wat by Bester van plaas tot by die meule verhandel is. Peter is van mening dat die veranderlikes in hierdie industrie groot is. Daarom is dit belangrik om in noue samewerking met ons kliënte te wees en hulle behoeftes te verstaan. So kan ons superieure kliëntediens verseker.
39 1
1 month ago
By Bester is positiwiteit nie net een van ons waardes nie; dit is die hartklop van ons kultuur. Dit is sigbaar in ons daaglikse werk, in hoe ons mekaar ondersteun, en in die manier waarop ons ons kliënte bedien. Hierdie positiewe ingesteldheid versterk ons personeel, bou verhoudings en weerklink verder as net die werkplek.💛
48 0
2 months ago