AfriForum is môre deel van die Super 12-skaaktoernooi wat by Sol-Tech in Monumentpark aangebied word.
AfriForum is hoofborg van die hele Super 12-sport-en-kultuurreeks. Op dié wyse ondersteun AfriForum verskillende skoolgemeenskappe en maak seker ons kweek goeie sportmangees, bou sterk karakter en rond kinders se vaardighede op sowel die sportveld as die verhoog af. Mag breinkrag dié naweek ingespan word en die beste skuiwe op die skaakborde gemaak word!
Jy kan AfriForum se hande sterker maak. Sluit vandag by ons aan en bou saam aan sterker gemeenskappe!
Besoek www.wordlid.co.za.
Help om gemeenskappe in hul nood te ondersteun en skenk aan AfriForum se noodfonds.
Jou hulp maak ’n werklike verskil op voetsoolvlak.
/campaign/noodfonds
AfriForum se Dink of Sink-span het op 8 Mei die tweede van ses provinsiale uitdunrondtes aangebied vir hoërskooldebatteerders by DF Akademie in die Wes-Kaap. Die Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie vir hoërskoolleerders het belowende jong debatteerders die kans gegee om hul vaardighede op die proef te stel.
In die junior kategorie (graad 8 en 9) het Hoërskool Jan van Riebeeck se Karu Rademeyer, Ané Swanepoel en Emma Snijders koning gekraai, terwyl Hoër Meisieskool La Rochelle se Livia Lategan, Heleen-Mari Viljoen en Micke Gildenhuys as die naaswenners aangekondig was.
In die senior kategorie (graad 10, 11 en 12) het Hoërskool Durbanville se Cayla Fourie, Anouk Gerber en Sasika Cloete die goue trofee huis toe geneem, terwyl Paul Roos Gimnasium se Dieter de Kock, Ben van Niekerk en Altus de Villiers as die naaswenners aangekondig was.
@afriforum.sakenetwerk se eerste Tinteltong Toekennings vir 2026 is gister (7 Mei) by ’n glansgeleentheid in Pretoria aan ses ondernemings oorhandig. Hierdie toekennings gee erkenning aan ondernemings wat op hul eie manier bydraes tot Afrikaans maak. Soortgelyke geleenthede sal deur die loop van Mei in Mosselbaai, Kaapstad en Bloemfontein gehou word.
Die wenners is soos volg:
Uitstekende diens in Afrikaans: Genade Shoppie en Corinne’s Petite Partyki Datjies
Uitstaande bydrae tot die Afrikaanse gemeenskap: Leer om te lees
Kreatiewe Afrikaanse naam: Deonette Boerdery en Kleurvol
Kreatiewe Afrikaanse slagspreuk: Lessing Konfyte & Bakkery
AfriForum se teenboelieveldtog is deel van hulle onderwysprojekte met die spesifieke doel om leerders te leer hoe om hulle emosionele selfstandigheid te ontwikkel én om hulle met vaardighede toe te rus om boeliegedrag reg te hanteer.
Dit was 'n groot voorreg om ons kennis met Laerskool Tuine / Laerskool Vredekloof / Laerskool Totius / Laerskool Brackenfell / Laerskool Gene Louw se leerders te kon deel.
3 537 leerders is oor drie dae bereik deur hierdie aanbiedings.
Laai gerus ons teenboeliegidse af by www.onsskole.co.za of stuur 'n e-pos na [email protected] vir meer inligting.
AfriForum Onderwys kuier hierdie week in die Wes-Kaap.
Die Onderwysspan besoek tans skole in die noordelike voorstede van Kaapstad met hulle teenboelieveldtog asook vir die Wes-Kaapse uitdunne van die Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie.
Die span kuier vanaf 27 tot 31 Julie in Mpumalanga. Kontak ons gerus by [email protected] as ons jou skool moet besoek.
Die manne van Dagbreek-koshuis in Stellenbosch het die afgelope naweek koning gekraai in AfriForum se Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie vir universiteitstudente. Twee spanne van dié manskoshuis het mekaar die stryd aangesê in die finaal van dié rateltaai debatskompetisie. Forum Nuus was daar.
AfriForum se Kroonstad-tak het sedert 31 Maart reeds 10 000 kg teer gebruik om die slaggate in Senekalstraat, wat toegang tot drie plaaslike skole bied, te herstel. Hierdie projek vorm deel van AfriForum se nasionale skoleprojek wat gedurende April en Mei van stapel gestuur is en daarop gemik is om die fokus op die verbetering van skole en hul omgewing te plaas.
AfriForum se Dink of Sink-span het van 23 tot 25 April 2026 die Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie vir universiteitstudente aangebied.
Die kompetisie het afgeskop met ‘n belyningsgesprek en sosiale geleentheid by Puzzels Restaurant op Donderdag 23 April 2026. Die uitdunrondtes het op Vrydag 24 April by Aros plaasgevind, waar al 12 deelnemende spanne aan drie debatte deelgeneem. Die topagtspanne het na die uitkloprondtes deurgedring wat ook by Aros op 25 April 2026 plaasgevind het.
Vanjaar se temas het gefokus op politiek en regte, en ekonomie, filosofie en taal. Die 12 spanne vanuit StudentePlein, Dagbreek-manskoshuis, die Universiteit van Pretoria, die Noordwes-Universiteit en Akademia het hul staal gewys deur hierdie uitdagende temas binne een uur se voorbereiding baas te raak.
“Die vlak van analitiese denke en retoriese vaardigheid wat deelnemers tydens die debatte gewys, getuig van die uitsonderlike gehalte van akademiese debat onder ons jong leiers,” sê Nicolene Müller, koördineerder vir Onderwys: Suidstreek.
Die belangstelling in 𝘖𝘯𝘴 𝘷𝘪𝘳 𝘫𝘰𝘶 is só ongelooflik dat die 𝐨𝐩𝐞𝐧𝐢𝐧𝐠𝐬𝐰𝐞𝐞𝐤 𝐫𝐞𝐞𝐝𝐬 𝟗𝟖% 𝐮𝐢𝐭𝐯𝐞𝐫𝐤𝐨𝐨𝐩 is❗
Het jy al jou kaartjies? 𝐌𝐨𝐞𝐧𝐢𝐞 𝐰𝐚𝐠 𝐧𝐢𝐞 – koop jou kaartjies sommer vandag nog by www.onsvirjou.co.za.🎫🎶
🗓️ Vanaf 29 April tot 24 Mei by AfriForum Teater
#OnsVirJou #Musiekblyspel #AfriForumTeater #AfriForum #InhoudHuisMusiek